Psalm 126:1-6

’n Lied van die opgange. 126  Toe Jehovah die gevangenes van Sion laat terugkeer het,+Het ons geword soos dié wat droom.+   In dié tyd is ons mond met gelag gevul,+En ons tong met vreugdegeroep.+In dié tyd het hulle onder die nasies gesê:+“Jehovah het iets groots gedoen deur wat hy met hulle gedoen het.”+   Jehovah het iets groots gedoen deur wat hy met ons gedoen het.+Ons het vreugdevol geword.+   Laat ons groep gevangenes tog terugkeer, o Jehovah,+Soos stroombeddings in die Negeb.+   Dié wat met trane saai,+Sal met vreugdegeroep maai.+   Wie vir seker uitgaan, al is dit huilend,+Terwyl hy ’n sak vol saad dra,+Sal vir seker met vreugdegeroep inkom,+Terwyl hy sy gerwe dra.+

Voetnote