Psalm 127:1-5

’n Lied van die opgange. Van Salomo. 127  As Jehovah nie die huis bou nie,+Het die bouers tevergeefs hard daaraan gewerk.+As Jehovah nie die stad bewaak nie,+Het die wag tevergeefs wakker gebly.+   Dit is tevergeefs dat julle vroeg opstaan,+Dat julle laat gaan sit,+Dat julle voedsel met pyn eet.+Net so gee hy slaap aan sy geliefde.+   Kyk! Seuns is ’n erfdeel van Jehovah;+Die vrug van die moederskoot is ’n beloning.+   Soos pyle in die hand van ’n sterk man,+So is die seuns van die jeug.+   Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het.+Hulle sal nie beskaamd staan nie,+Want hulle sal met vyande in die poort praat.

Voetnote