Psalm 129:1-8

’n Lied van die opgange. 129  “Lank genoeg was hulle my vyandiggesind van my jeug af”,+Moet Israel nou sê,+   “Lank genoeg was hulle my vyandiggesind van my jeug af;+Tog het hulle nie die oorhand oor my gekry nie.+   Ploeërs het op my rug geploeg;+Hulle het hulle vore lank getrek.”   Jehovah is regverdig.+Hy het die toue van die goddeloses stukkend gesny.+   Hulle sal beskaamd staan en hulle terugtrek,+Almal wat Sion haat.+   Hulle sal soos groen gras op die dakke word,+Wat verdroog het voordat dit uitgetrek is,+   Waarmee die een wat oes, nie sy hand gevul het nie,+Ook nie die gerwebinder sy boesem nie.   Ook het die verbygangers nie gesê nie:“Mag die seën van Jehovah op julle wees.+Ons het julle in die naam van Jehovah geseën.”+

Voetnote