Psalm 130:1-8

’n Lied van die opgange. 130  Uit die dieptes het ek u aangeroep, o Jehovah.+   O Jehovah, hoor tog my stem.+Laat u ore ag gee op die stem van my dringende versoeke.+   As u op oortredings ag gegee het,+ o Jah,O Jehovah, wie sou kon bly staan?+   Want by u is daar ware vergifnis,+Sodat u gevrees kan word.+   Ek het gehoop, o Jehovah, my siel het gehoop,+En op sy woord het ek gewag.+   My siel het op Jehovah gewag,+Meer as wagte op die oggend,+Wat uitsien na die oggend.+   Laat Israel op Jehovah bly wag.+Want daar is liefderyke goedhartigheid by Jehovah,+En in oorvloedige mate is daar verlossing by hom.+   En hy sal Israel van al sy oortredings verlos.+

Voetnote