Psalm 132:1-18
’n Lied van die opgange.
132 Dink, o Jehovah, met betrekking tot Dawid,+Aan al sy vernederings;+
2 Hoe hy vir Jehovah gesweer het,+Hoe hy aan die Magtige+ van Jakob ’n gelofte gedoen het:+
3 “Ek sal nie in die tent van my huis ingaan nie.+Ek sal nie op die divan van my pragtige rusbed klim nie,+
4 Ek sal my oë geen slaap gun nie,+My stralende oë geen sluimering nie,+
5 Totdat ek ’n plek vir Jehovah vind,+’n Grootse tabernakel vir die Magtige van Jakob.”+
6 Kyk! Ons het in Eʹfrata+ daarvan gehoor,Ons het dit in die boswêreld gevind.+
7 Laat ons in sy grootse tabernakel ingaan;+Laat ons ons voor sy voetbank neerbuig.+
8 Staan tog op, o Jehovah, na u rusplek,+U en die Ark+ van u sterkte.+
9 Laat u priesters met regverdigheid beklee word,+En laat u lojales met vreugde uitroep.+
10 Ter wille van u kneg Dawid+Moet u nie die aangesig van u gesalfde afwys nie.+
11 Jehovah het vir Dawid gesweer,+Waarlik, hy sal nie daarvan afsien nie:+“Van die vrug van jou liggaam+Sal ek op jou troon plaas.+
12 As jou seuns my verbond hou+En my herinneringe wat ek hulle sal leer,+Sal hulle seuns ook vir ewig+Op jou troon sit.”+
13 Want Jehovah het Sion uitgekies;+Hy het daarna verlang as ’n woonplek vir hom:+
14 “Dit is my rusplek vir ewig;+Hier sal ek woon, want ek het daarna verlang.+
15 Sy voedsel sal ek vir seker seën.+Sy armes sal ek met brood versadig.+
16 En sy priesters sal ek met redding beklee;+En sy lojales sal vir seker met vreugde uitroep.
17 Daar sal ek die horing van Dawid laat groei.+Ek het ’n lamp vir my gesalfde gereedgemaak.+
18 Sy vyande sal ek met skaamte beklee;+Maar op hom sal sy kroon+ floreer.”+