Psalm 135:1-21

135  LOOF Jah!+Loof die naam van Jehovah,+Bring lof, o knegte van Jehovah,+   Julle wat in die huis van Jehovah staan,+In die voorhowe van die huis van ons God.+   Loof Jah, want Jehovah is goed.+Besing sy naam met melodieë, want dit is lieflik.+   Want Jah het Jakob vir hom uitgekies,+Israel as sy spesiale eiendom.+   Want ek weet goed dat Jehovah groot is,+En ons Here is meer as alle ander gode.+   Alles wat dit Jehovah behaag het om te doen, het hy gedoen+In die hemel en op die aarde, in die seë en al die waterdieptes.+   Hy laat dampe opstyg van die einde van die aarde af;+Hy het selfs sluise vir die reën gemaak;+Hy bring die wind uit sy skatkamers te voorskyn,+   Hy wat die eersgeborenes van Egipte getref het,+Mens sowel as dier.+   Hy het tekens en wonderwerke in jou uitgestuur, o Egipte,+Oor Farao en oor al sy knegte;+ 10  Hy wat baie nasies verslaan het+En magtige konings gedood het,+ 11  Ja, Sihon, die koning van die Amoriete,+En Og, die koning van Basan,+En al die koninkryke van Kanaän,+ 12  En wat hulle land as ’n erfdeel gegee het,+As ’n erfdeel aan sy volk Israel.+ 13  O Jehovah, u naam is tot onbepaalde tyd.+O Jehovah, u gedagtenis is van geslag tot geslag.+ 14  Want Jehovah sal die regsaak van sy volk bepleit,+En oor sy knegte sal hy spyt voel.+ 15  Die afgode van die nasies is silwer en goud,+Die werk van mensehande.+ 16  ’n Mond het hulle, maar hulle kan glad nie praat nie;+Oë het hulle, maar hulle kan niks sien nie;+ 17  Ore het hulle, maar hulle kan na niks luister nie.+Ook is daar geen gees in hulle mond nie.+ 18  Dié wat hulle maak, sal net soos hulle word,+Elkeen wat op hulle vertrou.+ 19  O huis van Israel, LOOF Jehovah.+O huis van Aäron, LOOF Jehovah.+ 20  O huis van Levi, LOOF Jehovah.+Julle wat Jehovah vrees, loof Jehovah.+ 21  Mag Jehovah geloof word uit Sion,+Hy wat in Jerusalem woon.+LOOF Jah!+

Voetnote