Psalm 136:1-26

136  DANK Jehovah, want hy is goed:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Dank die God van die gode:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Dank die Here van die here:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Hy wat alleen wonderlike, groot dinge doen:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Die Een wat die hemele met verstand gemaak het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Die Een wat die aarde bo die waters uitgesprei het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Die Een wat die groot ligte gemaak het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Ja, die son om bedags te heers:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+   Die maan en die sterre om snags saam te heers:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 10  Die Een wat Egipte in hulle eersgeborenes getref het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 11  En die Een wat Israel onder hulle uitgelei het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 12  Deur ’n sterk hand en deur ’n uitgestrekte arm:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd; 13  Die Een wat die Rooi See verdeel het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 14  En wat Israel daar dwarsdeur laat trek het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 15  En wat Farao en sy krygsmag in die Rooi See afgeskud het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 16  Die Een wat sy volk deur die wildernis laat gaan het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 17  Die Een wat groot konings verslaan het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 18  En wat majestueuse konings gedood het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 19  Ja, Sihon, die koning van die Amoriete:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 20  En Og, die koning van Basan:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 21  En wat hulle land as ’n erfdeel gegee het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 22  As ’n erfdeel aan sy kneg Israel:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 23  Wat aan ons gedink het in ons vernederde toestand:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 24  En wat ons herhaaldelik van ons teenstanders weggeruk het:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 25  Die Een wat voedsel aan alle vlees gee:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+ 26  Dank die God van die hemel:+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+

Voetnote