Psalm 137:1-9
137 By die riviere van Babilon+—daar het ons gesit.+Ook het ons gehuil wanneer ons aan Sion gedink het.+
2 Aan die populierbome+ wat daarin is,Het ons ons harpe opgehang.+
3 Want daar het dié wat ons gevange gehou het, van ons die woorde van ’n lied gevra,+En dié wat met ons die spot gedryf het—blydskap:+“SING vir ons een van die liedere van Sion.”+
4 Hoe kan ons die lied van Jehovah sing+In ’n vreemde land?+
5 As ek jou vergeet, o Jerusalem,+Laat my regterhand dan vergeetagtig wees.
6 Laat my tong aan my verhemelte kleef+As ek aan jou nie dink nie,+As ek Jerusalem nie verhefBo my hoofrede tot blydskap nie.+
7 Dink,+ o Jehovah, met betrekking tot die kinders van Edom,+ aan die dag van Jerusalem,+Hulle wat gesê het: “Lê dit bloot! Lê dit bloot tot op die fondament daarin!”+
8 O dogter van Babilon, wat geplunder gaan word,+Gelukkig sal hy wees wat jou vergeld+Met jou behandeling waarmee jy ons behandel het.+
9 Gelukkig sal hy wees wat jou kinders grypEn teen die groot rots verpletter.+