Psalm 138:1-8

Van Dawid. 138  Ek sal u met my hele hart prys.+Voor ander gode sal ek u met melodieë besing.+   Ek sal my in die rigting van u heilige tempel neerbuig,+En ek sal u naam prys,+Weens u liefderyke goedhartigheid+ en weens u waaragtigheid.+Want u het u woord+ groot gemaak selfs bo u ganse naam.+   Op die dag dat ek geroep het, het u my geantwoord;+U het my in my siel vrymoedig begin maak met krag.+   Al die konings van die aarde sal u prys, o Jehovah,+Want hulle sal die woorde van u mond gehoor het.   En hulle sal sing van die weë van Jehovah,+Want die heerlikheid van Jehovah is groot.+   Want Jehovah is hoog, en tog sien hy die nederige;+Maar die verwaande ken hy net van ver af.+   As ek te midde van benoudheid wandel, sal u my in die lewe hou.+Weens die toorn van my vyande sal u u hand uitsteek,+En u regterhand sal my red.+   Jehovah sal voltooi wat in my belang is.+O Jehovah, tot onbepaalde tyd is u liefderyke goedhartigheid.+Moenie die werke van u hande laat vaar nie.+

Voetnote