Psalm 139:1-24
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.
139 O Jehovah, u het my deurvors, en u ken my.+
2 U het my sit en my opstaan te wete gekom.+U het van ver af op my gedagte gelet.+
3 My gaan en my lê het u afgemeet,+En met al my weë het u vertroud geraak.+
4 Want daar is nog geen woord op my tong nie,+Maar kyk! o Jehovah, u weet dit reeds alles.+
5 Van agter en van voor het u my beleër;En u lê u hand op my.
6 Sulke kennis is te wonderbaar vir my.+Dit is so verhewe dat ek dit nie kan begryp nie.+
7 Waarheen kan ek gaan, weg van u gees af,+En waarheen kan ek vlug, weg van u aangesig af?+
8 As ek na die hemel sou opklim, sou u daar wees;+En as ek my slaapbank in Sjeool sou uitsprei, kyk! u sou daar wees.+
9 As ek die vleuels+ van die dagbreek sou neem,Sodat ek in die mees afgeleë see+ sou kon woon,
10 Ook daar sou u hand my lei+En u regterhand my vashou.+
11 En as ek sou sê: “Waarlik, die duisternis sal my gou oorval!”+Dan sou die nag lig wees om my.+
12 Selfs die duisternis sou vir u nie te donker wees nie,+Maar die nag sou skyn soos die dag;+Die duisternis sou net sowel die lig kon wees.+
13 Want u het my niere voortgebring;+U het my afgeskerm gehou in die skoot van my moeder.+
14 Ek sal u prys, omdat ek op ’n vreesinboesemende wyse wonderbaar gemaak is.+U werke is wonderbaar,+Soos my siel alte goed weet.+
15 My gebeente was nie vir u verborge+Toe ek in die geheim gemaak is,+Toe ek in die diepste dele+ van die aarde geweef is nie.
16 U oë het selfs my embrio gesien,+En in u boek was al die dele daarvan opgeskrywe,Met betrekking tot die dae toe hulle gevorm is+En nog nie een onder hulle daar was nie.
17 Hoe kosbaar is u gedagtes dus vir my!+O God, hoeveel beloop die grootse som daarvan tog nie!+
18 As ek hulle probeer tel, is hulle meer as selfs die sandkorrels.+Ek het wakker geword, en tog is ek nog by u.+
19 As u, o God, tog maar die goddelose wou ombring!+Dan sal selfs die bloedskuldige manne+ beslis van my af weggaan,
20 Wat dinge van u sê volgens hulle denkbeeld;+Hulle het u naam op ’n onwaardige wyse gebruik+—u teenstanders.+
21 Haat ek nie dié wat u intens haat nie, o Jehovah,+En het ek nie ’n weersin in dié wat teen u in opstand kom nie?+
22 Ek haat hulle met ’n volkome haat.+Hulle het vir my regte vyande geword.+
23 Deurvors my, o God, en ken my hart.+Ondersoek my, en ken my verontrustende gedagtes,+
24 En kyk of daar in my enigsins ’n pynlike weg is,+En lei my op die weg+ van onbepaalde tyd.