Psalm 14:1-7

Vir die musiekleier. Van Dawid. 14  Die verstandelose het in sy hart gesê:“Daar is geen Jehovah nie.”+Hulle het verderflik gehandel,+ hulle het verfoeilik gehandel in hulle handelswyse.Daar is niemand wat goed doen nie.+   Wat Jehovah betref, hy het uit die hemel afgekyk op die mensekinders,+Om te sien of daar iemand bestaan wat insig het, iemand wat Jehovah soek.+   Hulle het almal afgewyk,+ hulle is almal tesame verdorwe;+Daar is niemand wat goed doen nie,+Nie eers een nie.+   Het nie een van dié wat skadelike dinge beoefen, kennis nie,+Dié wat my volk opeet soos hulle brood geëet het?+Hulle het nie eens Jehovah aangeroep nie.+   Daar is hulle met groot angs vervul,+Want Jehovah is onder die geslag van die regverdige.+   Julle sou die plan van die geteisterde tot skande wou maak,Omdat Jehovah sy toevlug is.+   Ag, as die redding van Israel maar uit Sion sou kom!+Wanneer Jehovah die gevangenes van sy volk laat terugkeer,+Laat Jakob dan bly wees, laat Israel hom verbly.+

Voetnote