Psalm 140:1-13

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 140  Red my, o Jehovah, van slegte mense;+Mag u my selfs teen die man van gewelddade beskerm,+   Dié wat slegte dinge in hulle hart beraam het,+Wat die hele dag deur aanval soos in oorloë.+   Hulle het hulle tong skerp gemaak soos dié van ’n slang;+Die gif van die horingadder is onder hulle lippe.+ Sela.   Bewaar my, o Jehovah, van die hande van die goddelose;+Mag u my selfs teen die man van gewelddade beskerm,+Dié wat planne beraam het om my voetstappe weg te stoot.+   Dié wat hulleself verhef, het ’n val vir my verberg;+En toue het hulle soos ’n net langs die pad uitgesprei.+Strikke het hulle vir my gestel.+ Sela.   Ek het vir Jehovah gesê: “U is my God.+Luister tog, o Jehovah, na die stem van my dringende versoeke.”+   O Jehovah, die Soewereine Heer,+ die sterkte van my redding,+U het my hoof op die dag van die gewapende mag beskut.+   O Jehovah, moenie die begeertes van die goddelose toestaan nie.+Moenie sy komplotte bevorder nie, sodat hulle nie verhef word nie.+ Sela.   Wat die hoofde betref van dié wat my omring,+Laat die moeilikheid van hulle lippe hulle bedek.+ 10  Laat brandende kole op hulle afgegooi word.+Laat hulle in die vuur gewerp word,+ in waterkuile, sodat hulle nie kan opstaan nie.+ 11  Die grootprater—laat hy nie op die aarde stewig bevestig word nie.+Die man van geweld—laat die kwaad op hom jag maak met slag op slag.+ 12  Ek weet goed dat JehovahDie wettige eis van die geteisterde, die reg van die armes, sal behartig.+ 13  Waarlik, die regverdiges sal dank bring aan u naam;+Die regskapenes sal voor u aangesig woon.+

Voetnote