Psalm 141:1-10

’n Melodie van Dawid. 141  O Jehovah, ek het u aangeroep.+Kom tog gou na my toe.+Luister tog na my stem wanneer ek tot u roep.+   Mag my gebed soos reukwerk+ voor u berei word,+Die opheffing van my palms soos die aandgraanoffer.+   Stel tog ’n wag, o Jehovah, voor my mond;+Bewaak tog die deur van my lippe.+   Moenie my hart neig tot iets wat sleg is,+Om in goddeloosheid berugte dade te pleeg+Saam met mense wat skadelike dinge beoefen nie,+Sodat ek nie van hulle lekkernye eet nie.+   As die regverdige my sou slaan, sou dit ’n liefderyke goedhartigheid wees;+En as hy my sou teregwys, sou dit olie op die kop wees,+Wat my kop nie sou wou weier nie.+Want gedurende hulle rampspoed sou my gebed nog daar wees.+   Hulle regters is by die kante van die krans afgegooi,+Maar hulle het my woorde gehoor, dat dit aangenaam is.+   Soos wanneer iemand op die aarde iets kloof en splyt,Is ons beendere by die mond van Sjeool verstrooi.+   My oë is egter op u,+ o Jehovah, die Soewereine Heer.+Tot u het ek my toevlug geneem.+Moenie my siel uitgiet nie.+   Bewaar my van die kloue van die val wat hulle vir my gestel het+En van die strikke van dié wat skadelike dinge beoefen.+ 10  Die goddeloses sal almal saam in hulle eie nette val,+Terwyl ék verbygaan.

Voetnote