Psalm 142:1-7

Maskil. Van Dawid, toe hy in die grot was.+ ’n Gebed. 142  Met my stem het ek tot Jehovah om hulp begin roep;+Met my stem het ek tot Jehovah om guns begin roep.+   Voor hom het ek my besorgdheid bly uitstort;+Voor hom het ek van my benoudheid bly vertel,+   Toe my gees+ in my versmag het.Toe het u my weg geken.+Op die pad waarlangs ek wandel,+Het hulle ’n valstrik vir my verberg.+   Kyk na regs en sienDat daar niemand is wat my enige erkenning gee nie.+My toevlug is vir my verlore;+Niemand vra na my siel nie.+   Ek het tot u om hulp geroep, o Jehovah.+Ek het gesê: “U is my toevlug,+My deel+ in die land van die lewendes.”+   Skenk tog aandag aan my smekende geroep,+Want ek het baie verarm.+Verlos my van my vervolgers,+Want hulle is sterker as ek.+   Bring tog my siel uit die kerker+Om u naam te prys.+Laat die regverdiges om my bymekaarkom,+Omdat u gepas met my handel.+

Voetnote