Psalm 143:1-12

’n Melodie van Dawid. 143  O Jehovah, hoor my gebed;+Luister tog na my dringende versoek.+Antwoord my in u getrouheid, in u regverdigheid.+   En moenie met u kneg in die gerig tree nie;+Want voor u kan geen lewende regverdig wees nie.+   Want die vyand het my siel vervolg;+Hy het my lewe teen die grond verbrysel.+Hy het my in donker plekke laat woon, soos dié wat ’n onbepaalde tyd dood is.+   En my gees+ versmag in my;In my binneste is my hart lam.+   Ek het gedink aan dae van lank gelede;+Ek het gepeins oor al u dade;+Ek het die werk van u hande graag oordink.+   Ek het my hande na u uitgestrek;+My siel smag soos ’n uitgeputte land na u.+ Sela.   Maak tog gou, antwoord my, o Jehovah.+My gees het tot ’n einde gekom.+Moenie u aangesig vir my verberg nie,+Anders sal ek word soos dié wat in die kuil afdaal.+   Laat my u liefderyke goedhartigheid in die oggend hoor,+Want in u het ek my vertroue gestel.+Maak aan my die weg bekend waarop ek moet wandel,+Want tot u het ek my siel opgehef.+   Verlos my van my vyande, o Jehovah.+By u het ek skuiling gesoek.+ 10  Leer my om u wil te doen,+Want u is my God.+U gees is goed;+Mag dit my in die land van regskapenheid lei.+ 11  Mag u my ter wille van u naam,+ o Jehovah, in die lewe hou.+Mag u in u regverdigheid+ my siel uit die benoudheid bring.+ 12  En mag u in u liefderyke goedhartigheid my vyande tot swye bring;+En u moet almal vernietig wat my siel vyandiggesind is,+Want ek is u kneg.+

Voetnote