Psalm 144:1-15

Van Dawid. 144  Mag Jehovah, my Rots, geloof word,+Wat my hande leer om te veg,+My vingers om oorlog te voer;   My liefderyke goedhartigheid en my vesting,+My veilige hoogte en die Een wat aan my ontkoming verskaf,+My skild+ en die Een tot wie ek my toevlug geneem het,+Die Een wat volke onder my onderwerp.+   O Jehovah, wat is die mens dat u op hom ag sou gee,+Die seun van die sterflike mens+ dat u hom in aanmerking sou neem?   Die mens kom ooreen met ’n blote asemstoot;+Sy dae is soos ’n verbygaande skaduwee.+   O Jehovah, buig u hemele neer sodat u neerdaal;+Raak aan die berge sodat hulle rook.+   Blits met weerlig sodat u hulle verstrooi;+Stuur u pyle uit sodat u hulle in verwarring bring.+   Steek uit die hoogte u hande uit;+Bevry my en verlos my uit die baie waters,+Uit die hand van die uitlanders,+   Wie se mond onwaarheid gespreek het+En wie se regterhand ’n regterhand van leuens is.+   O God, ’n nuwe lied sal ek tot u sing.+Op ’n tiensnarige instrument sal ek u met melodieë besing,+ 10  Die Een wat aan konings redding gee,+Die Een wat sy kneg Dawid van die skadelike swaard bevry.+ 11  Bevry my en verlos my uit die hand van die uitlanders,+Wie se mond onwaarheid gespreek het+En wie se regterhand ’n regterhand van leuens is,+ 12  Wat sê: “Ons seuns is soos plantjies, volgroeid in hulle jeug,+Ons dogters soos hoekpilare, gebeeldhou in paleisstyl, 13  Ons skure is vol en lewer verskillende soorte produkte,+Ons kleinvee vermeerder by duisende, tienduisendvoudig op ons strate, 14  Ons beeste dra swaar, sonder enige breuk en sonder misdrag,+En daar is geen geskreeu op ons openbare pleine nie.+ 15  Gelukkig is die volk met wie dit so gaan!”Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!+

Voetnote