Psalm 145:1-21

’n Loflied, van Dawid. א [ʼAʹlef] 145  Ek sal u verhef, o my God die Koning,+En ek sal u naam loof tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+ ב [Bet]   Die hele dag sal ek u loof,+En ek sal u naam loof tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+ ג [Giʹmel]   Jehovah is groot en baie lofwaardig,+En sy grootheid is ondeurgrondelik.+ ד [Daʹlet]   Geslag na geslag sal u werke prys,+En u magtige dade sal hulle verkondig.+ ה [Heʼ]   Die glorieryke prag van u waardigheid+En die aangeleenthede van u wonderlike werke sal ek oordink.+ ו [Wau]   En hulle sal praat oor die sterkte van u vreesinboesemende dinge;+En wat u grootheid betref, ek sal dit bekend maak.+ ז [Saʹjin]   Hulle sal die vermelding van u oorvloedige goedheid laat uitborrel,+En weens u regverdigheid sal hulle met vreugde uitroep.+ ח [Get]   Jehovah is genadig en barmhartig,+Word nie gou toornig nie en is groot in liefderyke goedhartigheid.+ ט [Tet]   Jehovah is goed vir almal,+En sy barmhartighede is oor al sy werke.+ י [Jod] 10  Al u werke sal u prys, o Jehovah,+En u lojales sal u loof.+ כ [Kaf] 11  Oor die heerlikheid van u koningskap sal hulle praat,+En oor u mag sal hulle spreek,+ ל [Laʹmed] 12  Om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak+En die heerlikheid van die prag van sy koningskap.+ מ [Mem] 13  U koningskap is ’n koningskap vir alle onbepaalde tye,+En u heerskappy duur deur alle opeenvolgende geslagte.+ ס [Saʹmek] 14  Jehovah ondersteun almal wat val+En rig almal op wat neergeboë is.+ צ [ʽAʹjin] 15  Op u is almal se oë hoopvol gerig,+En u gee hulle hulle voedsel op die regte tyd.+ פ [Peʼ] 16  U maak u hand oop+En bevredig die begeerte van alles wat lewe.+ צ [Sadeʹ] 17  Jehovah is regverdig in al sy weë+En lojaal in al sy werke.+ ק [Kof] 18  Jehovah is naby almal wat hom aanroep,+Almal wat hom in waaragtigheid aanroep.+ ר [Resj] 19  Aan die begeerte van dié wat hom vrees, sal hy voldoen,+En hulle hulpgeroep sal hy hoor, en hy sal hulle red.+ ש [Sjin] 20  Jehovah bewaar almal wat hom liefhet,+Maar al die goddeloses sal hy verdelg.+ ת [Tau] 21  My mond sal die lof van Jehovah uitspreek;+En laat alle vlees sy heilige naam loof tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+

Voetnote