Psalm 146:1-10

146  LOOF Jah!+Loof Jehovah, o my siel.+   Ek sal Jehovah gedurende my lewe loof.+Ek sal my God met melodieë besing solank ek daar is.+   Moenie julle vertroue in edeles stel nie,+Ook nie in die mensekind, aan wie geen redding behoort nie.+   Sy gees gaan uit,+ hy keer terug na sy grond;+Op daardie dag vergaan sy gedagtes.+   Gelukkig is hy wat die God van Jakob as sy hulp het,+Wie se hoop op Jehovah sy God is,+   Die Maker van hemel en aarde,+Van die see, en van alles wat in hulle is,+Die Een wat waaragtig bly tot onbepaalde tyd,+   Die Een wat reg verskaf aan dié wat te kort gedoen is,+Die Een wat brood gee aan dié wat honger is.+Jehovah maak die gebondenes los.+   Jehovah open die oë van die blindes;+Jehovah rig dié op wat neergeboë is;+Jehovah het die regverdiges lief.+   Jehovah bewaar die inwonende vreemdelinge;+Die vaderlose seun en die weduwee ondersteun hy,+Maar die weg+ van die goddeloses maak hy krom.+ 10  Jehovah sal tot onbepaalde tyd koning wees,+Jou God, o Sion, van geslag tot geslag.+LOOF Jah!+

Voetnote