Psalm 147:1-20

147  LOOF Jah,+Want dit is goed om ons God met melodieë te besing;+Want dit is lieflik—lof is gepas.+   Jehovah bou Jerusalem;+Die verstrooides van Israel bring hy bymekaar.+   Hy genees+ die gebrokenes van hart+En verbind hulle pynlike plekke.+   Hy bepaal die getal van die sterre;+Hy noem hulle almal by hulle name.+   Ons Here is groot en oorvloedig in krag;+Sy verstand is onbeskryflik.+   Jehovah ondersteun die sagmoediges;+Hy verneder die goddeloses tot die grond toe.+   SING tot Jehovah met danksegging;+Besing ons God met melodieë op die harp,+   Die Een wat die hemel met wolke bedek,+Die Een wat reën vir die aarde berei,+Die Een wat op die berge groen gras laat uitspruit.+   Aan die diere gee hy hulle voedsel,+Aan die jong rawe wat bly roep.+ 10  In die krag van die perd skep hy geen behae nie,+Ook is die bene van die man nie vir hom welgevallig nie.+ 11  Jehovah het behae in dié wat hom vrees,+In dié wat op sy liefderyke goedhartigheid wag.+ 12  Prys Jehovah,+ o Jerusalem.Loof jou God, o Sion.+ 13  Want hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak;Hy het jou kinders in jou geseën.+ 14  Hy stel vrede in jou gebied;+Met die vet van die koring bly hy jou versadig.+ 15  Hy stuur sy bevel na die aarde;+Met spoed beweeg sy woord voort. 16  Hy gee sneeu soos wol;+Ryp strooi hy net soos as.+ 17  Hy gooi sy ys soos stukkies uit.+Wie kan voor sy koue standhou?+ 18  Hy stuur sy woord uit+ en laat hulle smelt.Hy laat sy wind waai;+Die waters drup. 19  Hy maak sy woord aan Jakob bekend,+Sy voorskrifte+ en sy regterlike beslissings aan Israel.+ 20  So het hy aan geen ander nasie gedoen nie;+En wat sy regterlike beslissings betref, hulle het dit nie geken nie.+LOOF Jah!+

Voetnote