Psalm 148:1-14

148  LOOF Jah!+Loof Jehovah vanuit die hemele,+Loof hom in die hoogtes.+   Loof hom, al sy engele.+Loof hom, sy hele leër.+   Loof hom, son en maan.+Loof hom, alle ligtende sterre.+   Loof hom, hemel der hemele+En waters wat bo die hemele is.+   Laat hulle die naam van Jehovah loof;+Want hy het bevel gegee, en hulle is geskep.+   En hy hou hulle vir ewig in stand, tot onbepaalde tyd.+’n Voorskrif het hy gegee, en dit sal nie vergaan nie.+   Loof Jehovah van die aarde af,+Seemonsters en alle waterdieptes,+   Vuur en hael, sneeu en dik rook,+Stormwind, wat sy woord volbring,+   Berge en alle heuwels,+Vrugtebome en alle seders,+ 10  Wilde diere en alle mak diere,+Kruipende diere en gevleuelde voëls,+ 11  Konings van die aarde+ en alle volksgroepe,Vorste+ en alle regters van die aarde,+ 12  Jong+ manne en ook maagde,+Ou manne+ saam met seuns.+ 13  Laat hulle die naam van Jehovah loof,+Want sy naam alleen is onbereikbaar hoog.+Sy waardigheid is oor aarde en hemel.+ 14  En hy sal die horing van sy volk verhef,+Die lof van al sy lojales,+Van die kinders van Israel, die volk wat naby hom is.+LOOF Jah!+

Voetnote