Psalm 149:1-9

149  LOOF Jah!+Sing ’n nuwe lied tot Jehovah,+Sy lof in die gemeente van lojales.+   Laat Israel hom verbly in sy Grootse Maker,+Die kinders van Sion—laat hulle bly wees in hulle Koning.+   Laat hulle sy naam met gedans loof.+Laat hulle hom met tamboeryn en harp besing met melodieë.+   Want Jehovah het behae in sy volk.+Hy versier die sagmoediges met redding.+   Laat die lojales jubel in heerlikheid;Laat hulle met vreugde uitroep op hulle beddens.+   Laat die liedere wat God verhef, in hulle keel wees,+En ’n tweesnydende swaard in hulle hand,+   Om wraak uit te oefen op die nasies,+Bestrawwings op die volksgroepe,+   Om hulle konings met kettings te bind+En hulle verheerliktes met ysterboeie,   Om aan hulle die geskrewe regterlike beslissing te voltrek.+Sulke prag behoort aan al sy lojales.+LOOF Jah!+

Voetnote