Psalm 15:1-5

’n Melodie van Dawid. 15  O Jehovah, wie sal ’n gas in u tent wees?+Wie sal op u heilige berg woon?+   Hy wat onberispelik wandel+ en regverdigheid beoefen+En in sy hart die waarheid spreek.+   Hy het nie met sy tong gelaster nie.+Sy metgesel het hy geen kwaad aangedoen nie,+En geen smaad het hy teen sy intieme kennis uitgespreek nie.+   In sy oë word die veragtelike beslis verwerp,+Maar aan dié wat Jehovah vrees, bewys hy eer.+Hy het gesweer tot sy skade, en tog verander hy nie.+   Sy geld het hy nie teen rente gegee nie,+En ’n omkoopgeskenk teen die onskuldige het hy nie aanvaar nie.+Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit wankel nie.+

Voetnote