Psalm 16:1-11

’n Miktam van Dawid. 16  Bewaar my, o God, want tot u het ek my toevlug geneem.+   Ek het vir Jehovah gesê: “U is Jehovah; my goedheid is nie ter wille van u nie,+   Maar vir die heiliges wat op die aarde is.In hulle, ja, die majestueuses, is al my behae.”+   Die pyne word baie vir dié wat, wanneer daar iemand anders is, haastig agter hom aan gaan.+Ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet nie,+En ek sal hulle name op my lippe nie neem nie.+   Jehovah is die deel van wat aan my toegemeet is+ en van my beker.+U hou my lot vas.   Die meetsnoere het vir my op lieflike plekke geval.+Waarlik, my besitting is vir my welgevallig.   Ek sal Jehovah loof, wat my raad gegee het.+Waarlik, in die nagte het my niere my tereggewys.+   Ek het Jehovah voortdurend voor my gestel.+Omdat hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.+   Daarom is my hart bly, en my heerlikheid is geneig om vreugdevol te wees.+Ook sal my vlees in veiligheid woon.+ 10  Want u sal my siel nie in Sjeool laat nie.+U sal nie toelaat dat hy wat teenoor u lojaal is, die kuil sien nie.+ 11  U sal aan my die pad van die lewe bekend maak.+Blydskap tot versadiging toe is voor u aangesig;+Daar is lieflikheid aan u regterhand, vir ewig.+

Voetnote