Psalm 17:1-15

’n Gebed van Dawid. 17  Hoor tog wat regverdig is, o Jehovah; skenk tog aandag aan my smekende geroep;+Luister tog na my gebed met lippe sonder bedrog.+   Laat my reg van u uitgaan;+Laat u oë regskapenheid aanskou.+   U het my hart ondersoek, u het in die nag inspeksie gehou,+U het my gelouter; u sal ontdek dat ek nie agteraf planne beraam het nie.+My mond sal nie oortree nie.+   Wat die bedrywighede van mense betref,Deur die woord van u lippe het ek teen die paaie van die rower gewaak.+   Laat my treë vashou aan u spore,+Waarin my voetstappe beslis nie sal wankel nie.+   Ek roep u aan, want u sal my antwoord, o God.+Neig u oor tot my. Hoor my woord.+   Maak u dade van liefderyke goedhartighede wonderbaar,+ o Redder van dié wat toevlug soekTeen dié wat teen u regterhand in opstand kom.+   Bewaar my soos die appel van die oog;+Mag u my in die skaduwee van u vleuels verberg,+   Weens die goddeloses wat my geplunder het.Die vyande teen my siel bly my omsingel.+ 10  Hulle het hulle met hulle eie vet omsluit;+Met hulle mond het hulle in hoogmoed gepraat;+ 11  Wat ons voetstappe betref, nou het hulle ons omsingel;+Hulle rig hulle oë daarop om na die aarde te neig.+ 12  Hy is soos ’n leeu wat vurig verlang om te verskeur+En soos ’n jong leeu wat in verborge plekke sit. 13  Staan tog op, o Jehovah; gaan hom tog voor sy aangesig teë;+Laat hy hom neerbuig; verskaf tog met u swaard aan my siel ontkoming van die goddelose,+ 14  Van mense, deur u hand, o Jehovah,+Van mense van hierdie stelsel+ van dinge, wie se deel in hierdie lewe is+En wie se buik u met u verborge skat vul,+Wat versadig word met seuns+En wat vir hulle kinders opspaar wat hulle laat oorbly.+ 15  Wat my betref, in regverdigheid sal ek u aangesig aanskou;+Ek sal tevrede wees wanneer ek wakker word en u gedaante sien.+

Voetnote