Psalm 18:1-50

Vir die musiekleier. Van Jehovah se kneg, van Dawid, wat die woorde van hierdie lied tot Jehovah gespreek het op die dag toe Jehovah hom uit die palm van al sy vyande en uit die hand van Saul verlos het.+ En hy het gesê: 18  Ek sal geneentheid vir u hê, o Jehovah, my sterkte.+   Jehovah is my groot rots en my vesting en die Een wat aan my ontkoming verskaf.+My God is my rots. Tot hom sal ek my toevlug neem,+My skild en my horing van redding, my veilige hoogte.+   Die Een wat geloof moet word, Jehovah, sal ek aanroep,+En van my vyande sal ek gered word.+   Die toue van die dood het my omring;+Stortvloede van deugniete het my ook bly verskrik.+   Ja, die toue van Sjeool het my omsluit;+Die strikke van die dood het teen my gekom.+   In my benoudheid het ek Jehovah bly aanroep,En tot my God het ek om hulp bly roep.+Uit sy tempel het hy my stem gehoor,+En my hulpgeroep voor hom het toe in sy ore gekom.+   En die aarde het begin skud en bewe,+Ja, die fondamente van die berge het in beroering geraak,+En hulle het heen en weer bly skud omdat hy vertoornd was.+   Rook het by sy neusgate opgegaan, en vuur uit sy mond het bly verteer;+Kole het uit hom opgevlam.   En hy het die hemel afgebuig en neergedaal.+En dik donkerheid was onder sy voete. 10  En hy het op ’n gerub aangery gekom en het aangevlieg gekom,+En hy het op die vlerke van ’n gees+ aangesnel gekom. 11  Hy het toe duisternis sy skuilplek gemaak,+Rondom hom as sy hut,Donker waters, dik wolke.+ 12  Uit die glans voor hom het sy wolke verbygetrek,+Hael en brandende vuurkole.+ 13  En in die hemel het Jehovah begin donder,+En die Allerhoogste het sy stem laat hoor,+Hael en brandende vuurkole. 14  En hy het sy pyle bly uitstuur, om hulle te verstrooi;+En weerligstrale het hy afgeskiet, om hulle in verwarring te bring.+ 15  En die stroombeddings van die waters het sigbaar geword,+En die fondamente van die vrugbare land is blootgelê+Weens u bestrawwing, o Jehovah, weens die geblaas van die asem van u neusgate.+ 16  Hy het uit die hoogte gestuur, hy het my geneem,+Hy het my uit groot waters getrek.+ 17  Hy het my van my sterk vyand verlos,+En van my haters; omdat hulle sterker was as ek.+ 18  Hulle het hulle teenoor my bly stel op die dag van my ongeluk,+Maar Jehovah het my steun geword.+ 19  En hy het my uitgebring in ’n ruim plek;+Hy het my gered, omdat hy behae in my gehad het.+ 20  Jehovah beloon my volgens my regverdigheid;+Volgens die reinheid van my hande vergeld hy my.+ 21  Want ek het die weë van Jehovah gehou,+En ek het nie goddeloos van my God afgewyk nie.+ 22  Want al sy regterlike beslissings is voor my,+En sy insettinge sal ek nie van my verwyder nie.+ 23  En ek sal onberispelik teenoor hom wees,+En ek sal my onthou van oortreding.+ 24  En laat Jehovah my vergeld volgens my regverdigheid,+Volgens die reinheid van my hande voor sy oë.+ 25  Met iemand wat lojaal is, sal u lojaal handel;+Met die onberispelike man sal u onberispelik handel;+ 26  Teenoor die een wat rein bly, sal u u rein betoon;+En teenoor die verdorwene sal u u verdraaid betoon;+ 27  Want u sal die geteisterde volk red;+Maar u sal die hoogmoedige oë verneder.+ 28  Want u sal my lamp aansteek, o Jehovah;+My God sal my duisternis verlig.+ 29  Want deur u kan ek ’n rowerbende stormloop;+En deur my God kan ek ’n muur klim.+ 30  Wat die ware God betref, volmaak is sy weg;+Die woord van Jehovah is gelouter.+’n Skild is hy vir almal wat hulle toevlug tot hom neem.+ 31  Want wie is ’n God buiten Jehovah?+En wie is ’n rots behalwe ons God?+ 32  Die ware God is die Een wat my styf omgord met lewenskragtigheid,+En hy sal gee dat my weg volmaak is,+ 33  Deur my voete soos dié van die takbokooie te maak,+En op plekke wat vir my hoog is, hou hy my staande.+ 34  Hy leer my hande om oorlog te voer,+En my arms het ’n koperboog gespan.+ 35  En u sal my u skild van redding gee,+En u regterhand sal my onderskraag,+En u nederigheid sal my groot maak.+ 36  U sal genoeg ruimte maak vir my voetstappe onder my,+En my enkels sal beslis nie wankel nie.+ 37  Ek sal my vyande agtervolg en hulle inhaal;En ek sal nie terugkeer voordat hulle uitgeroei is nie.+ 38  Ek sal hulle verpletter sodat hulle nie sal kan opstaan nie;+Hulle sal onder my voete val.+ 39  En u sal my met lewenskragtigheid omgord vir oorlogvoering;U sal dié wat teen my opstaan, onder my laat inmekaarsak.+ 40  En wat my vyande betref, u sal my beslis die agterkant van hulle nek gee;+En wat dié betref wat my intens haat, ek sal hulle tot swye bring.+ 41  Hulle roep om hulp, maar daar is geen redder nie,+Tot Jehovah, maar hy antwoord hulle nie.+ 42  En ek sal hulle fynstamp soos stof voor die wind;+Soos die modder van die strate sal ek hulle uitgooi.+ 43  U sal aan my ontkoming verskaf van die foutvindery van die volk.+U sal my as hoof van die nasies aanstel.+’n Volk wat ek nie geken het nie—hulle sal my dien.+ 44  Op blote hoorsê sal hulle my gehoorsaam;+Uitlanders sal kruipend na my toe kom.+ 45  Uitlanders sal wegkwyn,En hulle sal bewend uit hulle verskansings kom.+ 46  Jehovah lewe,+ en mag my Rots geloof word,+En laat die God van my redding verhef word.+ 47  Die ware God is die Een wat my die wraak gee;+En hy onderwerp die volke onder my.+ 48  Hy verskaf aan my ontkoming van my toornige vyande;+Bo dié wat teen my opstaan, sal u my verhef,+Van die man van geweld sal u my verlos.+ 49  Daarom sal ek u prys onder die nasies, o Jehovah,+En u naam sal ek met melodieë besing.+ 50  Hy verrig groot reddingsdade vir sy koning+En bewys liefderyke goedhartigheid aan sy gesalfde,+Aan Dawid en aan sy saad tot onbepaalde tyd.+

Voetnote