Psalm 19:1-14

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 19  Die hemele maak die heerlikheid van God bekend;+En die uitspansel verkondig die werk van sy hande.+   Die een dag na die ander dag laat spraak uitborrel,+En die een nag na die ander nag openbaar kennis.+   Daar is geen spraak en daar is geen woorde nie;Geen stem van hulle kant word gehoor nie.+   Oor die hele aarde het hulle meetsnoer uitgegaan,+En hulle woorde tot aan die einde van die vrugbare land.+In hulle het hy ’n tent vir die son geplaas,+   En dié is soos ’n bruidegom wanneer hy uit sy bruidskamer kom;+Hy verheug hom net soos ’n sterk man wanneer hy op ’n pad hardloop.+   Van die een einde van die hemel is sy uitgang,En sy voltooide kring reik tot aan die ander eindes daarvan;+En niks is verborge vir sy hitte nie.+   Die wet+ van Jehovah is volmaak;+ dit bring die siel terug.+Die herinnering+ van Jehovah is betroubaar;+ dit maak die onervarene wys.+   Die bevele+ van Jehovah is reg;+ hulle maak die hart bly;+Die gebod+ van Jehovah is rein;+ dit laat die oë straal.+   Die vrees+ van Jehovah is suiwer; dit hou vir ewig stand.Die regterlike beslissings+ van Jehovah is waar;+ tesame is hulle regverdig.+ 10  Hulle is begeerliker as goud, ja, as goed gelouterde goud;+En soeter as heuning+ en die vloeiende heuning van die koeke.+ 11  Ook is u kneg daardeur gewaarsku;+In die onderhouding daarvan is ’n groot beloning.+ 12  Foute—wie kan hulle onderskei?+Verklaar my onskuldig aan verborge sondes.+ 13  Hou u kneg ook terug van vermetele dade;+Laat hulle nie oor my heers nie.+Dan sal ek volkome wees,+En ek sal onskuldig gebly het aan baie oortredings. 14  Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart+Aangenaam word voor u, o Jehovah, my Rots+ en my Verlosser.+

Voetnote