Psalm 2:1-12

2  Waarom was die nasies in beroering+En het die volksgroepe iets leegs bly mompel?+   Die konings van die aarde neem stelling in+En die hoë amptenare het soos een man saamgespan+Teen Jehovah+ en teen sy gesalfde+   En gesê: “Laat ons hulle bande stukkend skeur+En hulle toue van ons afwerp!”+   Hy wat in die hemel sit,+ sal lag;Jehovah sal hulle bespot.+   In dié tyd sal hy hulle in sy toorn aanspreek,+En in sy brandende misnoeë sal hy hulle ontstel+   En sê: “Ek, ja ek, het my koning ingehuldig+Op Sion,+ my heilige berg.”+   Laat my na die verordening van Jehovah verwys;Hy het vir my gesê: “Jy is my seun;+Ék het vandag jou vader geword.+   Vra my,+ sodat ek nasies as jou erfdeel kan gee+En die eindes van die aarde as jou besitting.+   Jy sal hulle met ’n ystersepter breek,+Asof hulle ’n pottebakkershouer is, sal jy hulle stukkend slaan.”+ 10  En nou, o konings, tree met insig op;Laat julle teregwys, o regters van die aarde.+ 11  Dien Jehovah met vrees+En wees bly met bewing.+ 12  Kus die seun,+ sodat Hy nie vertoornd wordEn julle van die weg vergaan nie,+Want sy toorn vlam maklik op.+Gelukkig is almal wat hulle toevlug tot hom neem.+

Voetnote