Psalm 20:1-9

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 20  Mag Jehovah u antwoord in die dag van benoudheid.+Mag die naam van die God van Jakob u beskerm.+   Mag hy u hulp stuur uit die heiligdom,+En u onderskraag uit Sion.+   Mag hy al u offergawes onthou,+En mag hy u brandoffer as ’n vette aanvaar.+ Sela.   Mag hy u gee na u hart,+En mag hy al u planne verwesenlik.+   Ons sal met vreugde uitroep weens u redding,+En in die naam van ons God sal ons ons vaandels opsteek.+Mag Jehovah al u versoeke vervul.+   Nou weet ek dat Jehovah beslis sy gesalfde red.+Hy antwoord hom vanuit sy heilige hemel+Met die magtige reddingsdade van sy regterhand.+   Party maak melding van strydwaens en ander van perde,+Maar wat ons betref, ons sal melding maak van die naam van Jehovah ons God.+   Húlle het inmekaargestort en geval;+Maar wat ons betref, ons het opgestaan, om herstel te word.+   O Jehovah, red tog die koning!+Hy sal ons antwoord op die dag dat ons roep.+

Voetnote