Psalm 21:1-13

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 21  O Jehovah, die koning verbly hom in u sterkte;+En hoe baie wil hy hom tog verbly in u redding!+   Die begeerte van sy hart het u hom gegee,+En die wens van sy lippe het u nie geweier nie.+ Sela.   Want u het hom met seëninge van die goeie tegemoetgekom+En op sy kop ’n kroon van gelouterde goud gesit.+   Lewe het hy van u gevra. U het hom dit gegee,+Lengte van dae tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+   Sy heerlikheid is groot in u redding.+Waardigheid en prag lê u op hom.+   Want u maak hom baie geseënd vir ewig;+U maak hom bly met blydskap voor u aangesig;+   Want die koning vertrou op Jehovah,+Ja, op die liefderyke goedhartigheid van die Allerhoogste. Hy sal nie wankel nie.+   U hand sal al u vyande vind;+U regterhand sal u haters vind.   U sal hulle soos ’n vuuroond maak op die vasgestelde tyd vir u aandag.+Jehovah sal hulle in sy toorn verswelg, en die vuur sal hulle verteer.+ 10  U sal hulle vrug van die aarde af vernietig,+En hulle nageslag onder die mensekinders uit.+ 11  Want hulle het wat sleg is, teen u gerig;+Hulle het idees uitgedink wat hulle nie kan uitvoer nie.+ 12  Want u sal hulle die rug laat draai om te vlug+Deur u boogsnare wat u gereedmaak teen hulle aangesig.+ 13  O wees verhewe in u sterkte, o Jehovah.+Ons wil sing en melodieë speel ter ere van u mag.+

Voetnote