Psalm 22:1-31

Vir die musiekleier, op die “Takbokooi van die dagbreek”. ’n Melodie van Dawid. 22  My God, my God, waarom het u my verlaat?+Waarom is u ver daarvan om my te red,+Ver van die woorde van my gebrul?+   O my God, bedags bly ek roep, en u antwoord nie;+En snags, en daar is geen stilswye van my kant nie.+   Maar u is heilig+En woon onder die lofliedere van Israel.+   Op u het ons vaders vertrou;+Hulle het vertrou, en u het voortdurend aan hulle ontkoming verskaf.+   Tot u het hulle geroep,+ en hulle het veilig weggekom;+Op u het hulle vertrou, en hulle het nie beskaamd gestaan nie.+   Maar ek is ’n wurm+ en geen man nie,’n Smaad vir die mense en veragtelik vir die volk.+   Wat almal betref wat my sien, hulle bespot my;+Hulle bly hulle mond wyd oopmaak, hulle bly hulle kop skud:+   “Hy het hom aan Jehovah toevertrou.+ Laat Hy aan hom ontkoming verskaf!+Laat hy hom verlos, aangesien hy behae in hom het!”+   Want u was die Een wat my uit die moederskoot uitgetrek het,+Die Een wat my laat vertrou het terwyl ek aan die borste van my moeder gelê het.+ 10  Ek is van die moederskoot af op u gewerp;+Van die skoot van my moeder af is u my God.+ 11  Moenie ver van my af bly nie, want benoudheid is naby,+Want daar is geen ander helper nie.+ 12  Talle jong bulle het my omsingel;+Die sterkes van Basan het my omring.+ 13  Hulle het hulle mond teen my oopgemaak,+Soos ’n leeu wat verskeur en brul.+ 14  Soos water is ek uitgestort,+En al my beendere is van mekaar geskei.+My hart het soos was geword;+Dit het gesmelt diep in my ingewande.+ 15  My krag het verdroog net soos ’n erdeskerf,+En my tong kleef aan my tandvleis;+En in die stof van die dood lê u my neer.+ 16  Want honde het my omsingel;+Die vergadering van kwaaddoeners het my omsluit.+Soos ’n leeu is hulle aan my hande en my voete.+ 17  Ek kan al my beendere tel.+Hulle kyk, hulle staar my aan.+ 18  Hulle verdeel my kledingstukke onder mekaar,+En oor my klere werp hulle die lot.+ 19  Maar u, o Jehovah, moet tog nie ver weg bly nie.+O my sterkte,+ snel my tog te hulp.+ 20  Verlos tog my siel van die swaard,+My enigste uit die poot van die hond;+ 21  Red my uit die bek van die leeu,+En van die horings van wilde bulle moet u my antwoord en red.+ 22  Ek sal u naam aan my broers+ bekend maak;+In die midde van die gemeente sal ek u loof.+ 23  Julle wat Jehovah vrees, loof hom!+Almal wat die saad van Jakob is, verheerlik hom!+En vrees hom, julle almal wat die saad van Israel is.+ 24  Want hy het die ellende van die geteisterde+Nie verag+ of verafsku nie;En hy het sy aangesig nie vir hom verberg nie,+En wanneer hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.+ 25  Van u sal my lof in die groot gemeente kom;+My geloftes sal ek betaal voor dié wat hom vrees.+ 26  Die sagmoediges sal eet en versadig word;+Dié wat Jehovah soek, sal hom loof.+Mag julle hart vir ewig lewe.+ 27  Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en tot Jehovah terugkeer.+En al die families van die nasies sal hulle voor u neerbuig.+ 28  Want die koningskap behoort aan Jehovah,+En hy heers oor die nasies.+ 29  Al die vettes van die aarde sal eet en hulle neerbuig;+Voor hom sal almal buig wat in die stof neerdaal,+En niemand sal ooit sy eie siel in die lewe hou nie.+ 30  ’n Saad sal hom dien;+Die geslag sal van Jehovah vertel word.+ 31  Hulle sal kom en sy regverdigheid+ verkondigAan die volk wat gebore sal word, dat hy dit gedoen het.+

Voetnote