Psalm 23:1-6

’n Melodie van Dawid. 23  Jehovah is my Herder.+Niks sal my ontbreek nie.+   In grasryke weivelde laat hy my neerlê;+By waterryke rusplekke bring hy my.+   My siel verkwik hy.+Hy lei my in die spore van regverdigheid ter wille van sy naam.+   Al wandel ek in die vallei van diep skaduwee,+Vrees ek niks slegs nie,+Want u is met my;+U stok en u staf dié vertroos my.+   U berei voor my ’n tafel ten aanskoue van dié wat my vyandiggesind is.+Met olie het u my kop gesalf;+My beker is heeltemal vol.+   Waarlik, goedheid en liefderyke goedhartigheid sal my volg al die dae van my lewe;+En ek sal in die huis van Jehovah woon tot in lengte van dae.+

Voetnote