Psalm 24:1-10

Van Dawid. ’n Melodie. 24  Aan Jehovah behoort die aarde en alles wat dit vul,+Die vrugbare land en dié wat daarop woon.+   Want op die seë het hy dit gegrondves,+En op die riviere hou hy dit stewig gevestig.+   Wie mag teen die berg van Jehovah opgaan,+En wie mag in sy heiligdom opstaan?+   Enigiemand wat onskuldig van hande en rein van hart is,+Wat My siel nie na blote waardeloosheid gevoer het nie,+En ook nie ’n valse eed afgelê het nie.+   Hy sal seën wegdra van Jehovah+En regverdigheid van sy God van redding.+   Dit is die geslag van dié wat hom soek,Van dié wat u aangesig soek, o God van Jakob.+ Sela.   “Hef op julle hoofde, o poorte,+En verhef julle, o eeue oue ingange,+Sodat die glorieryke Koning kan ingaan!”+   “Wie is hierdie glorieryke Koning dan?”+“Jehovah, sterk en magtig,+Jehovah, magtig in die stryd.”+   “Hef op julle hoofde, o poorte;+Ja, hef hulle op, o eeue oue ingange,Sodat die glorieryke Koning kan ingaan!”+ 10  “Wie is hy dan, hierdie glorieryke Koning?”“Jehovah van die leërs—hy is die glorieryke Koning.”+ Sela.

Voetnote