Psalm 25:1-22

Van Dawid. א [ʼAʹlef] 25  Tot u, o Jehovah, hef ek my siel op.+ ב [Bet]   O my God, in u het ek my vertroue gestel;+Laat my tog nie beskaamd staan nie.Laat my vyande hulle nie oor my verheug nie.+ ג [Giʹmel]   Ook sal niemand wat op u hoop, beskaamd staan nie.+Hulle sal beskaamd staan wat verraderlik handel sonder welslae.+ ד [Daʹlet]   Maak u weë aan my bekend, o Jehovah;+Leer my u paaie.+ ה [Heʼ]   Laat my in u waarheid wandel en leer my,+Want u is my God van redding.+ו [Wau]Op u het ek die hele dag gehoop.+ ז [Saʹjin]   Dink aan u barmhartighede,+ o Jehovah, en aan u liefderyke goedhartighede,+Want dit is van onbepaalde tyd af.+ ח [Get]   Dink tog nie aan die sondes van my jeug en my opstandige dade nie.+Dink aan my ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid,+Ter wille van u goedheid, o Jehovah.+ ט [Tet]   Goed en reg is Jehovah.+Daarom onderrig hy sondaars in die weg.+ י [Jod]   Hy sal die sagmoediges in sy regterlike beslissing laat wandel,+En hy sal die sagmoediges sy weg leer.+ כ [Kaf] 10  Al die paaie van Jehovah is liefderyke goedhartigheid en waaragtigheidVir dié wat sy verbond+ en sy herinneringe+ onderhou. ל [Laʹmed] 11  Ter wille van u naam, o Jehovah,+Moet u selfs my oortreding vergewe, want dit is groot.+ מ [Mem] 12  Wie is dan nou die man wat Jehovah vrees?+Hy sal hom onderrig in die weg wat hy moet kies.+ נ [Noen] 13  Sy siel sal in goedheid vertoef,+En sy nageslag sal die aarde in besit neem.+ ס [Saʹmek] 14  Intimiteit met Jehovah behoort aan dié wat hom vrees,+Ook sy verbond, om dit aan hulle bekend te maak.+ ע [ʽAʹjin] 15  My oë is voortdurend op Jehovah,+Want hý haal my voete uit die net.+ פ [Peʼ] 16  Keer u aangesig na my en betoon guns aan my;+Want ek is eensaam en geteisterd.+ צ [Sadeʹ] 17  Die benoudhede van my hart het vermeerder;+Lei my tog uit my angste.+ ר [Resj] 18  Aanskou my ellende en my moeite,+En vergewe al my sondes.+ 19  Kyk hoe talryk het my vyande geword,+En met ’n gewelddadige haat het hulle my gehaat.+ ש [Sjin] 20  Bewaar tog my siel en verlos my.+Laat my nie beskaamd staan nie, want tot u het ek my toevlug geneem.+ ת [Tau] 21  Laat onkreukbaarheid en regskapenheid my bewaar,+Want op u het ek gehoop.+ 22  O God, verlos Israel uit al sy benoudhede.+

Voetnote