Psalm 26:1-12

Van Dawid. 26  Oordeel my,+ o Jehovah, want ek het in my onkreukbaarheid gewandel,+En op Jehovah het ek vertrou, sodat ek nie wankel nie.+   Ondersoek my, o Jehovah, en stel my op die proef;+Louter my niere en my hart.+   Want u liefderyke goedhartigheid is voor my oë,En ek het in u waarheid gewandel.+   Ek het nie by mense van onwaarheid gesit nie;+En by dié wat verberg wat hulle is, gaan ek nie in nie.+   Ek het die gemeente van kwaaddoeners gehaat,+En by die goddeloses sit ek nie.+   Ek sal my hande in onskuld was,+En ek sal rondom u altaar gaan, o Jehovah,+  Om danksegging luid te laat hoor,+En om al u wonderlike werke bekend te maak.+   Jehovah, ek het die woning van u huis liefgehad+En die woonplek van u heerlikheid.+   Moenie my siel saam met sondaars wegneem nie,+Ook nie my lewe saam met bloedskuldige mense nie,+ 10  In wie se hande daar losbandige gedrag is,+En wie se regterhand vol omkopery is.+ 11  Wat my betref, ek sal in my onkreukbaarheid wandel.+Verlos my+ tog en betoon guns aan my.+ 12  My voet sal beslis op ’n gelykte staan;+Onder die versamelde menigtes sal ek Jehovah loof.+

Voetnote