Psalm 27:1-14

Van Dawid. 27  Jehovah is my lig+ en my redding.+Vir wie sou ek bang wees?+Jehovah is die vesting van my lewe.+Wie sou ek vrees?+   Toe die kwaaddoeners teen my nader gekom het om my vlees te verslind+Hulle wat persoonlik my teenstanders en my vyande was+Het hulle gestruikel en geval.+   Al sou ’n leërkamp teen my tent opslaan,+Sal my hart nie vrees nie.+Al sou oorlog teen my losbreek,+Sal ek selfs dan vertrou.+   Een ding het ek van Jehovah gevra+Dit sal ek soek:+Dat ek al die dae van my lewe in die huis van Jehovah mag woon,+Om die lieflikheid van Jehovah te sien+En sy tempel met waardering te aanskou.+   Want hy sal my in sy plek van beskutting wegsteek in die dag van rampspoed;+Hy sal my verberg in die skuilplek van sy tent;+Hoog op ’n rots sal hy my plaas.+   En nou sal my hoof hoog bo my vyande rondom my wees;+En ek sal in sy tent offerandes van gejuig offer;+Ek sal sing en melodieë speel tot Jehovah.+   Hoor, o Jehovah, wanneer ek met my stem roep,+En betoon guns aan my en antwoord my.+   Van u het my hart gesê: “SOEK my aangesig.”+U aangesig, o Jehovah, sal ek soek.+   Moet u aangesig nie vir my verberg nie.+Moet u kneg nie in toorn wegwys nie.+U moet my hulp word.+Moet my nie verstoot nie en moet my nie verlaat nie, o my God van redding.+ 10  As my eie vader en my eie moeder my sou verlaat,+Sal Jehovah my opneem.+ 11  Onderrig my, o Jehovah, in u weg,+En lei my op die pad van regskapenheid weens my vyande. 12  Moet my nie oorgee aan die siel van my teenstanders nie;+Want valse getuies het teen my opgestaan,+En hy wat aan geweld uiting gee.+ 13  As ek nie geloof gehad het dat ek die goedheid van Jehovah sal sien in die land van die lewendes nie+—! 14  Hoop op Jehovah;+ wees moedig en laat jou hart sterk wees.+Ja, hoop op Jehovah.+

Voetnote