Psalm 28:1-9

Van Dawid. 28  Ek bly u aanroep, o Jehovah.+O my Rots, moenie doof wees vir my nie,+Sodat u nie teenoor my stilbly nie+En ek nie hoef te word soos dié wat in die kuil afdaal nie.+   Hoor die stem van my dringende versoeke wanneer ek tot u om hulp roep,Wanneer ek my hande ophef+ na die binneste vertrek van u heiligdom.+   Moet my nie wegsleep saam met die goddeloses en saam met dié wat skadelike dinge beoefen nie,+Dié wat woorde van vrede met hulle metgeselle spreek,+ terwyl daar kwaad in hulle hart is.+   Gee aan hulle volgens hulle optrede+En volgens die slegtheid van hulle handelinge.+Ja, gee aan hulle volgens die werk van hulle hande.+Vergeld hulle volgens hulle dade.+   Want hulle slaan geen ag op die bedrywighede van Jehovah nie,+Ook nie op die werk van sy hande nie.+Hy sal hulle afbreek en hulle nie opbou nie.   Mag Jehovah geloof word, want hy het die stem van my dringende versoeke gehoor.+   Jehovah is my sterkte+ en my skild.+Op hom het my hart vertrou,+En ek is gehelp, sodat my hart jubel,+En met my lied sal ek hom prys.+   Jehovah is ’n sterkte vir sy volk,+En hy is ’n vesting van die grootse redding van sy gesalfde.+   Red tog u volk, en seën u erfdeel;+En lei hulle as herder en dra hulle tot onbepaalde tyd.+

Voetnote