Psalm 29:1-11

’n Melodie van Dawid. 29  Skryf aan Jehovah toe, o seuns van die sterkes,Skryf aan Jehovah heerlikheid en sterkte toe.+   Skryf aan Jehovah die heerlikheid van sy naam toe.+Buig julle voor Jehovah neer in heilige feesgewaad.+   Die stem van Jehovah is oor die waters;+Die glorieryke God+ het gedonder.+Jehovah is oor baie waters.+   Die stem van Jehovah is kragtig;+Die stem van Jehovah is luisterryk.+   Die stem van Jehovah breek die seders;Ja, Jehovah breek die seders van die Liʹbanon in stukke,+   En hy laat hulle rondhuppel soos ’n kalf,+Die Liʹbanon en Sirjon+ soos die seuns van wilde bulle.   Die stem van Jehovah kerf met vuurvlamme uit;+   Die stem van Jehovah laat die wildernis ineenkrimp,+Jehovah laat die wildernis van Kades+ ineenkrimp.   Die stem van Jehovah laat die takbokooie ineenkrimp van geboortepyne+En stroop die woude kaal.+En in sy tempel sê elkeen: “Heerlikheid!”+ 10  Op die watervloed het Jehovah gaan sit;+En Jehovah sit as koning tot onbepaalde tyd.+ 11  Jehovah sal inderdaad sterkte aan sy volk gee.+Jehovah sal sy volk seën met vrede.+

Voetnote