Psalm 3:1-8

’n Melodie van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.+ 3  O Jehovah, waarom het my teenstanders baie geword?+Waarom staan baie teen my op?+   Baie sê van my siel:“Daar is vir hom geen redding by God nie.”+ Sela.   En tog is u, o Jehovah, ’n skild rondom my,+My heerlikheid+ en die Een wat my hoof ophef.+   Met my stem sal ek Jehovah aanroep,En hy sal my antwoord van sy heilige berg af.+ Sela.   Ek sal gaan lê sodat ek kan slaap;Ek sal beslis wakker word, want Jehovah ondersteun my deurentyd.+   Ek sal nie bang wees vir tienduisende menseWat hulle rondom teen my opgestel het nie.+   Staan tog op,+ o Jehovah! Red my,+ o my God!+Want u sal al my vyande op die kakebeen moet slaan.+Die tande van die goddeloses sal u moet breek.+   Redding behoort aan Jehovah.+U seën rus op u volk.+ Sela.

Voetnote