Psalm 30:1-12

’n Melodie. ’n Lied vir die inwyding van die huis.+ Van Dawid. 30  Ek sal u verhef, o Jehovah, want u het my opgetrek+En u het my vyande nie toegelaat om oor my bly te wees nie.+   O Jehovah, my God, ek het tot u om hulp geroep, en u het my gesond gemaak.+   O Jehovah, u het my siel uit Sjeool laat opkom;+U het my aan die lewe gehou, sodat ek nie in die kuil sou afdaal nie.+   Besing Jehovah met melodieë, o sy lojales,+Bring dank aan sy heilige gedagtenis;+   Want om onder sy toorn te wees, is vir ’n oomblik,+Om onder sy welwillendheid te wees, is lewenslank.+In die aand kan gehuil sy intrek neem,+ maar in die oggend is daar vreugdegeroep.+   Wat my betref, ek het in my gerustheid gesê:+“Ek sal nooit wankel nie.”+   O Jehovah, in u welwillendheid het u my berg in sterkte laat staan.+U het u aangesig verberg; ek het ontsteld geraak.+   Ek het u bly aanroep, o Jehovah;+En Jehovah het ek om guns bly smeek.+   Watter voordeel is daar in my bloed wanneer ek in die kuil afdaal?+Sal die stof u prys?+ Sal dit u waaragtigheid verkondig?+ 10  Hoor, o Jehovah, en betoon guns aan my.+O Jehovah, wees my helper.+ 11  U het my getreur vir my in gedans verander;+U het my saklinne losgemaak, en u hou my met blydskap omgord,+ 12  Sodat my heerlikheid u met melodieë kan besing en nie stilbly nie.+O Jehovah, my God, tot onbepaalde tyd sal ek u prys.+

Voetnote