Psalm 31:1-24

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 31  Tot u, o Jehovah, het ek my toevlug geneem.+Laat my tog nooit beskaamd staan nie.+Verskaf aan my ontkoming in u regverdigheid.+   Neig u oor tot my.+Verlos my gou.+Word vir my ’n rotsagtige vesting,+’n Huis van vestings om my te red.+   Want u is my groot rots en my vesting;+En ter wille van u naam+ sal u my lei en my voorgaan.+   U sal my uit die net haal wat hulle vir my verberg het,+Want u is my vesting.+   In u hand vertrou ek my gees toe.+U het my verlos,+ o Jehovah, die God van waarheid.+   Ek haat dié wat waardelose, nietige afgode vereer;+Maar wat my betref, ek vertrou op Jehovah.+   Ek sal bly wees en my in u liefderyke goedhartigheid verbly,+Omdat u my ellende gesien het;+U het geweet van die benoudhede van my siel,+  En u het my nie in die hand van die vyand oorgelewer nie.+U het my voete op ’n ruim plek laat staan.+   Betoon guns aan my, o Jehovah, want ek verkeer in groot nood.+Van kwelling het my oog swak geword,+ my siel en my buik.+ 10  Want met droefheid het my lewe tot ’n einde gekom,+En my jare in gesug.+Weens my oortreding het my krag gestruikel,+En selfs my gebeente het swak geword.+ 11  Vanuit die standpunt van almal wat my vyandiggesind is,+ het ek ’n voorwerp van smaad geword,+En vir my bure in groot mate,+En ’n skrik vir my kennisse.+Wanneer hulle my buite gesien het, het hulle van my af weggevlug.+ 12  Soos iemand wat dood en nie in die hart is nie, is ek vergeet;+Ek het soos ’n beskadigde houer geword;+ 13  Want ek het die slegte berig deur baie gehoor,+Skrik aan alle kante.+Wanneer hulle soos een man teen my saamspan,+Beraam hulle planne om my siel weg te neem.+ 14  Maar ek—in u het ek my vertroue gestel, o Jehovah.+Ek het gesê: “U is my God.”+ 15  My tye is in u hand.+Verlos my uit die hand van my vyande en van dié wat my agtervolg.+ 16  Laat tog u aangesig oor u kneg skyn.+Red my in u liefderyke goedhartigheid.+ 17  O Jehovah, laat my nie beskaamd staan nie, want ek het u aangeroep.+Laat die goddeloses beskaamd staan;+Laat hulle stilbly in Sjeool.+ 18  Laat valse lippe stom word,+Wat onbeteueld in hoogmoed en veragting+ teen die regverdige praat.+ 19  Hoe oorvloedig is u goedheid tog,+ wat u as ’n skat bewaar het vir dié wat u vrees!+Wat u bewys het aan dié wat hulle toevlug tot u neem,Voor die oë van die mensekinders.+ 20  U sal hulle in die skuilplek van u aangesig verberg+Vir die samespanning van manne.+U sal hulle in u hut wegsteek vir die twis van tonge.+ 21  Mag Jehovah geloof word,+Want hy het wonderbare liefderyke goedhartigheid aan my bewys+ in ’n stad wat in benoudheid verkeer het.+ 22  Wat my betref, toe ek paniekerig geraak het,+ het ek gesê:“Ek sal beslis uitgeroei word, weg van u oë af.”+Waarlik, u het die stem van my dringende versoeke gehoor toe ek tot u om hulp geroep het.+ 23  Julle moet Jehovah liefhê, al sy lojales.+Jehovah bewaar die getroues,+Maar enigeen wat hoogmoed openbaar, vergeld hy oorvloedig.+ 24  Wees moedig, en laat julle hart sterk wees,+Almal wat op Jehovah wag.+

Voetnote