Psalm 32:1-11

Van Dawid. Maskil. 32  Gelukkig is hy wie se opstandigheid vergewe word, wie se sonde bedek word.+   Gelukkig is die mens aan wie Jehovah die oortreding nie toereken nie,+En in wie se gees daar geen bedrog is nie.+   Toe ek stilgebly het, het my gebeente weggeteer deur my gekreun die hele dag.+   Want u hand was dag en nag swaar op my.+My lewensap is verander soos in die droë somerhitte.+ Sela.   My sonde het ek uiteindelik aan u bely, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.+Ek het gesê: “Ek sal aan Jehovah belydenis doen van my oortredings.”+En u het die ongeregtigheid van my sondes vergewe.+ Sela.   Daarom sal elke lojale tot u bid+Net op ’n tyd dat u te vinde is.+Wat die vloed van baie waters betref, dit sal nie aan hom raak nie.+   U is ’n skuilplek vir my; u sal my bewaar van benoudheid.+Met vreugdevolle uitroepe omdat ontkoming verskaf is, sal u my omring.+ Sela.   “Ek sal jou insig gee en jou onderrig in die weg wat jy moet gaan.+Ek sal raad gee met my oog op jou.+   Julle moenie soos ’n perd of ’n muil sonder verstand word nie,+Wie se vurigheid selfs met ’n toom of ’n halter bedwing moet word+Voordat hulle naby jou sal kom.”+ 10  Die goddelose het baie pyne;+Maar wat die een betref wat op Jehovah vertrou, liefderyke goedhartigheid omring hom.+ 11  Verbly julle in Jehovah en wees bly, o regverdiges;+En roep met vreugde uit, almal wat opreg van hart is.+

Voetnote