Psalm 33:1-22

33  Roep met vreugde uit, o regverdiges, weens Jehovah.+Lof is gepas van die kant van die regskapenes.+   Betuig dank aan Jehovah op die harp;+Speel melodieë vir hom op ’n tiensnarige instrument.+   Sing ’n nuwe lied tot hom;+Speel so goed as julle kan op die snaarinstrumente tesame met gejuig.+   Want die woord van Jehovah is reg,+En al sy werk geskied in getrouheid.+   Hy het regverdigheid en geregtigheid lief.+Die aarde is vol van die liefderyke goedhartigheid van Jehovah.+   Deur die woord van Jehovah is die hemele gemaak,+En deur die gees van sy mond hulle hele leër.+   Hy versamel die waters van die see soos deur ’n dam+En plaas die bruisende waters in skatkamers.   Laat almal op die aarde Jehovah vrees.+Laat al die bewoners van die vrugbare land vir hom bang wees.+   Want hy het gespreek, en dit was so;+Hy het bevel gegee, en dit het so gestaan.+ 10  Jehovah het die raad van die nasies verbreek;+Hy het die gedagtes van die volke verydel.+ 11  Die raad van Jehovah sal tot onbepaalde tyd standhou;+Die gedagtes van sy hart is van geslag tot geslag.+ 12  Gelukkig is die nasie wie se God Jehovah is,+Die volk wat hy as sy erfdeel uitgekies het.+ 13  Vanuit die hemel het Jehovah gekyk,+Hy het al die mensekinders gesien.+ 14  Vanuit die vaste plek waar hy woon,+Het hy sy blik gerig op almal wat op die aarde woon. 15  Hy vorm die hart van hulle almal;+Hy let op al hulle werke.+ 16  Geen koning word deur die oorvloed van krygsmagte gered nie;+’n Sterk man word nie deur die oorvloed van krag verlos nie.+ 17  Vir redding is die perd net bedrog,+En deur die oorvloed van sy lewenskragtigheid verskaf hy geen ontkoming nie.+ 18  Kyk! Die oog van Jehovah is op dié wat hom vrees,+Op dié wat op sy liefderyke goedhartigheid wag,+ 19  Om hulle siel van die dood te verlos,+En om hulle tydens hongersnood in die lewe te hou.+ 20  Ja, ons siel het op Jehovah gewag.+Ons helper en ons skild is hy.+ 21  Want in hom is ons hart bly;+Want in sy heilige naam het ons ons vertroue gestel.+ 22  Laat u liefderyke goedhartigheid, o Jehovah, oor ons wees,+Net soos ons op u bly wag het.+

Voetnote