Psalm 34:1-22

Van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abimeʹleg,+ sodat dié hom verdryf het en hy weggegaan het. א [ʼAʹlef] 34  Ek sal Jehovah te alle tye loof;+Sy lof sal voortdurend in my mond wees.+ ב [Bet]   In Jehovah sal my siel roem;+Die sagmoediges sal hoor en sal bly wees.+ ג [Giʹmel]   O MAAK Jehovah saam met my groot,+En laat ons sy naam saam verhef.+ ד [Daʹlet]   Ek het Jehovah geraadpleeg, en hy het my geantwoord,+En uit al my verskrikkinge het hy my verlos.+ ה [Heʼ]   Hulle het na hom opgesien en begin straal,+En hulle aangesig kon onmoontlik beskaamd word.+ ז [Saʹjin]   Hierdie geteisterde het geroep, en Jehovah het gehoor.+En uit al sy benoudhede het Hy hom gered.+ ח [Get]   Die engel van Jehovah slaan kamp op rondom dié wat hom vrees,+En hy red hulle.+ ט [Tet]   SMAAK en sien dat Jehovah goed is;+Gelukkig is die man wat sy toevlug tot hom neem.+ י [Jod]   Vrees Jehovah, o sy heiliges,+Want dié wat hom vrees, het geen gebrek nie.+ כ [Kaf] 10  Die jong maanhaarleeus het min gehad en honger gely;+Maar wat dié betref wat Jehovah soek, dit sal hulle aan niks goeds ontbreek nie.+ ל [Laʹmed] 11  Kom, o seuns, luister na my;+Die vrees van Jehovah sal ek julle leer.+ מ [Mem] 12  Wie is die man wat behae skep in die lewe,+Wat genoeg dae liefhet om die goeie te sien?+ נ [Noen] 13  Bewaar jou tong van wat sleg is,+En jou lippe daarvan om bedrog te spreek.+ ס [Saʹmek] 14  Wyk af van wat sleg is en doen wat goed is;+Soek vrede en streef dit na.+ ע [ʽAʹjin] 15  Die oë van Jehovah is op die regverdiges,+En sy ore is tot hulle hulpgeroep.+ פ [Peʼ] 16  Die aangesig van Jehovah is teen dié wat doen wat sleg is,+Om die vermelding van hulle van die aarde af te sny.+ צ [Sadeʹ] 17  Hulle het geroep, en Jehovah het gehoor,+En uit al hulle benoudhede het hy hulle verlos.+ ק [Kof] 18  Jehovah is naby die gebrokenes van hart;+En die verbryseldes van gees red hy.+ ר [Resj] 19  Baie is die rampspoede van die regverdige,+Maar uit hulle almal verlos Jehovah hom.+ ש [Sjin] 20  Hy bewaar al sy bene;Nie een daarvan is gebreek nie.+ ת [Tau] 21  Rampspoed sal die goddelose doodmaak;+En dié wat die regverdige haat, sal skuldig geag word.+ 22  Jehovah verlos die siel van sy knegte;+En nie een van dié wat hulle toevlug tot hom neem, sal skuldig geag word nie.+

Voetnote