Psalm 35:1-28

Van Dawid. 35  Verdedig tog my regsaak, o Jehovah, teen my teenstanders;+Voer oorlog teen dié wat teen my oorlog voer.+   Gryp die klein skild en die groot skild,+En staan tog op om my te help,+   En trek die spies en die dubbele byl uit om dié wat my agtervolg, tegemoet te gaan.+Sê vir my siel: “Ek is jou redding.”+   Laat dié wat my siel soek, beskaamd staan en verneder word.+Laat dié wat rampspoed teen my beraam, agteruitwyk en verleë wees.+   Laat hulle soos kaf voor die wind word,+En laat Jehovah se engel hulle voortdryf.+   Laat hulle weg duisternis en glibberige plekke word,+En laat Jehovah se engel hulle agtervolg.   Want sonder oorsaak het hulle hulle vangnetkuil vir my verberg;+Sonder oorsaak het hulle dit vir my siel gegrawe.+   Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet,+En laat sy eie net wat hy verberg het, hom vang;+Laat hom daarin val met verwoesting.+   Maar laat my siel bly wees in Jehovah;+Laat hy hom verheug in Sy redding.+ 10  Laat al my beendere sê:+“O Jehovah, wie is soos u,+Wat die geteisterde verlos van iemand wat sterker is as hy,+En die geteisterde en arme van die een wat hom beroof?”+ 11  Gewelddadige getuies staan op;+Wat ek nie geweet het nie, vra hulle my.+ 12  Hulle vergeld my kwaad vir goed,+Smartlike berowing vir my siel.+ 13  Wat my betref, toe hulle siek geword het, was my klere saklinne,+Met gevas het ek my siel gekasty,+En na my boesem het my gebed teruggekeer.+ 14  Soos vir ’n metgesel, soos vir ’n broer van my,+Het ek rondgeloop soos iemand wat oor ’n moeder treur.+Bedroef het ek my neergebuig. 15  Maar oor my mankheid was hulle bly en het hulle bymekaargekom;+Hulle het teen my bymekaargekom+En my neergeslaan sonder dat ek dit geweet het;+Hulle het my verskeur en nie stilgebly nie.+ 16  Onder die afvallige spotters vir ’n koek+Was daar ’n gekners van hulle tande, ja, teen my.+ 17  O Jehovah, hoe lank sal u dit bly aansien?+Bring tog my siel terug van hulle verwoestinge,+Ja, my enigste+ van die jong maanhaarleeus af. 18  Ek sal u in die groot gemeente prys;+Onder ’n talryke volk sal ek u loof.+ 19  Laat dié wat sonder rede my vyande is, tog nie oor my bly wees nie;+Wat dié betref wat my sonder oorsaak haat, laat hulle nie die oog knip nie.+ 20  Want hulle spreek nie woorde van vrede nie;+Maar teen die stilles van die aardeBly hulle bedrieglike dinge beraam.+ 21  En hulle maak hulle mond wyd oop teen my.+Hulle het gesê: “Ha! Ha! ons oog het dit gesien.”+ 22  U het gesien, o Jehovah.+ Moenie stilbly nie.+O Jehovah, moenie ver van my af bly nie.+ 23  Ontwaak tog en word wakker vir my reg,+O my God, ja Jehovah, vir my regsaak.+ 24  Oordeel my volgens u regverdigheid, o Jehovah my God,+En laat hulle nie oor my bly wees nie.+ 25  Laat hulle tog nie in hulle hart sê: “Ha, ons siel!” nie.+Laat hulle nie sê: “Ons het hom verswelg” nie.+ 26  Laat dié wat bly is oor my rampspoed,+Tesame beskaamd staan en verleë wees.+Laat dié wat hulle baie groot hou teen my,+ met skaamte en vernedering beklee word.+ 27  Laat dié wat behae skep in my regverdigheid, met vreugde uitroep en bly wees,+En laat hulle voortdurend sê:+“Laat Jehovah groot gemaak word, wat behae skep in die vrede van sy kneg.”+ 28  En laat my tong u regverdigheid op gedempte toon uitspreek,+U lof die hele dag deur.+

Voetnote