Psalm 36:1-12

Vir die musiekleier. Van Jehovah se kneg, Dawid. 36  Die woorde van oortreding is vir die goddelose in die binneste van sy hart;+Daar is geen vrees vir God voor sy oë nie.+   Want hy het te vleiend teenoor homself gehandel in sy eie oë+Om sy oortreding uit te vind ten einde dit te haat.+   Die woorde van sy mond is skadelikheid en bedrog;+Hy het opgehou om insig te hê om goed te doen.+   Skadelike planne bly hy op sy bed beraam.+Hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie.+Wat sleg is, verwerp hy nie.+   O Jehovah, u liefderyke goedhartigheid is in die hemele;+U getrouheid reik tot aan die wolke.+   U regverdigheid is soos die berge van God;+U regterlike beslissing is ’n groot waterdiepte.+U red mens en dier, o Jehovah.+   Hoe kosbaar is u liefderyke goedhartigheid tog, o God!+En in die skaduwee van u vleuels soek die mensekinders toevlug.+   Hulle drink tot versadiging toe van die vettigheid van u huis;+En van die stroom van u genietinge laat u hulle drink.+   Want by u is die bron van die lewe;+Deur lig van u kan ons lig sien.+ 10  Laat u liefderyke goedhartigheid voortduur vir dié wat u ken,+En u regverdigheid vir die opregtes van hart.+ 11  Laat die voet van hoogmoed tog nie teen my kom nie;+Wat die hand van die goddeloses betref, laat dit nie van my ’n swerwer maak nie.+ 12  Daar het dié wat skadelike dinge beoefen, geval;+Hulle is neergestoot en kon nie opstaan nie.+

Voetnote