Psalm 37:1-40

Van Dawid. א [ʼAʹlef] 37  Moenie driftig wees oor die kwaaddoeners nie.+Moenie afgunstig wees op dié wat onregverdigheid bedryf nie.+   Want soos gras sal hulle gou verdor,+En soos groen, nuwe gras sal hulle verwelk.+ ב [Bet]   Vertrou op Jehovah en doen wat goed is;+Bewoon die aarde en handel met getrouheid.+   Verlustig jou ook in Jehovah,+En hy sal jou die versoeke van jou hart gee.+ ג [Giʹmel]   Laat jou weg aan Jehovah oor+En verlaat jou op hom,+ en hy sal optree.+   En hy sal beslis jou regverdigheid te voorskyn laat kom soos die lig,+En jou geregtigheid soos die middag.+ ד [Daʹlet]   Swyg voor Jehovah+En wag vol verlange op hom.+Moenie driftig wees oor enigiemand wat sy weg suksesvol maak nie,+Oor die man wat sy idees uitvoer nie.+ ה [Heʼ]   Laat staan die toorn en laat vaar die woede;+Moenie driftig wees nie; dit is net om kwaad te doen.+   Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word,+Maar dié wat op Jehovah hoop, hulle sal die aarde besit.+ ו [Wau] 10  En nog net ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie meer wees nie;+En jy sal beslis ag gee op sy plek, en hy sal daar nie wees nie.+ 11  Maar die sagmoediges sal die aarde besit,+En hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede.+ ז [Saʹjin] 12  Die goddelose smee komplotte teen die regverdige,+En hy kners sy tande teen hom.+ 13  Jehovah sal hom uitlag,+Want hy sien beslis dat sy dag sal kom.+ ח [Get] 14  Die goddeloses het ’n swaard getrek en het hulle boog gespan+Om die geteisterde en arme te laat val,+Om dié dood te maak wat regskape is in hulle weg.+ 15  Hulle eie swaard sal in hulle hart gaan,+En hulle boë sal gebreek word.+ ט [Tet] 16  Die bietjie van die regverdige is beter+As die oorvloed van baie goddeloses.+ 17  Want die arms van die goddeloses sal verbreek word,+Maar Jehovah sal die regverdiges ondersteun.+ י [Jod] 18  Jehovah ken die dae van die onberispelikes,+En hulle erfdeel sal tot onbepaalde tyd bly.+ 19  Hulle sal nie in die tyd van rampspoed beskaamd staan nie,+En in die dae van hongersnood sal hulle versadig word.+ כ [Kaf] 20  Want die goddeloses sal vergaan,+En die vyande van Jehovah sal soos die kosbaarheid van die weivelde wees;Hulle sal aan hulle einde kom.+ In rook sal hulle aan hulle einde kom.+ ל [Laʹmed] 21  Die goddelose leen en betaal nie terug nie,+Maar die regverdige betoon guns en gee geskenke.+ 22  Want dié wat deur hom geseën word, sal die aarde besit,+Maar dié oor wie hy ’n vloek uitspreek, sal uitgeroei word.+ מ [Mem] 23  Deur Jehovah is die voetstappe van ’n man berei,+En in sy weg skep Hy behae.+ 24  Al val hy, sal hy nie neergeslinger word nie,+Want Jehovah ondersteun sy hand.+ נ [Noen] 25  Ek was eens ’n jong man, ook het ek oud geword,+En tog het ek geen regverdige heeltemal verlate gesien+Of dat sy nageslag brood soek nie.+ 26  Die hele dag betoon hy guns en leen hy uit,+En so kom sy nageslag in aanmerking vir ’n seën.+ ס [Saʹmek] 27  Wyk af van wat sleg is en doen wat goed is,+En woon so tot onbepaalde tyd.+ 28  Want Jehovah het geregtigheid lief,+En hy sal sy lojales nie verlaat nie.+ ע [ʽAʹjin]Tot onbepaalde tyd sal hulle beslis bewaar word;+Maar wat die nageslag van die goddeloses betref, hulle sal inderdaad uitgeroei word.+ 29  Die regverdiges sal die aarde besit,+En hulle sal vir ewig daarop woon.+ פ [Peʼ] 30  Die mond van die regverdige spreek wysheid op gedempte toon uit,+En sy tong spreek wat reg is.+ 31  Die wet van sy God is in sy hart;+Sy voetstappe sal nie wankel nie.+ צ [Sadeʹ] 32  Die goddelose is op die loer vir die regverdige+En is daarop uit om hom dood te maak.+ 33  Wat Jehovah betref, hy sal hom nie aan sy hand oorlaat nie,+En hy sal hom nie goddeloos verklaar wanneer hy geoordeel word nie.+ ק [Kof] 34  Hoop op Jehovah en hou sy weg,+En hy sal jou verhef om die aarde in besit te neem.+Wanneer die goddeloses uitgeroei word, sal jy dit sien.+ ר [Resj] 35  Ek het gesien dat die goddelose ’n tiran is+En dat hy hom uitbrei soos ’n blaarryke boom op eie bodem.+ 36  En tog het hy verdwyn, en kyk, hy was daar nie;+En ek het hom bly soek, en hy is nie gevind nie.+ ש [Sjin] 37  Gee ag op die onberispelike en kyk na die regskapene,+Want die toekoms van dié man sal vreedsaam wees.+ 38  Maar die oortreders sal beslis saam verdelg word;+Die toekoms van die goddeloses sal inderdaad afgesny word.+ ת [Tau] 39  En die redding van die regverdiges kom van Jehovah;+Hy is hulle vesting in die tyd van benoudheid.+ 40  En Jehovah sal hulle help en aan hulle ontkoming verskaf.+Hy sal aan hulle ontkoming verskaf van die goddeloses en hulle red,+Omdat hulle hulle toevlug tot hom geneem het.+

Voetnote