Psalm 38:1-22

’n Melodie van Dawid, om in herinnering te bring. 38  O Jehovah, moet my nie in u verontwaardiging teregwys+Of my in u woede bestraf nie.+   Want u pyle het diep in my ingedring,+En op my het u hand neergedaal.+   Daar is geen gesonde plek aan my vlees weens u veroordeling nie.+Daar is geen vrede in my gebeente weens my sonde nie.+   Want my eie oortredings het oor my hoof gegaan;+Soos ’n swaar vrag is hulle vir my te swaar.+   My wonde het begin stink, hulle het gesweer,Weens my dwaasheid.+   Ek het ontsteld geraak, ek het my baie laag neergebuig;+Die hele dag het ek bedroef rondgeloop.+   Want my lendene brand oral,En daar is geen gesonde plek aan my vlees nie.+   Ek is lamgeslaan en erg verbryseld;Ek het gebrul weens die gekreun van my hart.+   O Jehovah, voor u is al my begeertes,En my gesug is vir u nie verborge nie.+ 10  My hart het gebons, my krag het my verlaat,En die lig van my oë is ook nie by my nie.+ 11  Dié wat my liefhet en my metgeselle is, bly ver van my plaag af staan,+En dié wat my goed ken, het op ’n afstand gestaan.+ 12  Maar dié wat my siel soek, span valstrikke,+En dié wat hulle vir my rampspoed beywer, het van teëspoed gepraat,+En die hele dag bly hulle bedrog mompel.+ 13  Wat my betref, soos ’n dowe het ek nie geluister nie;+En soos ’n stomme het ek my mond nie oopgemaak nie.+ 14  En ek het geword soos ’n man wat nie hoor nie,En in my mond was daar geen teenargumente nie. 15  Want op u, o Jehovah, het ek gewag;+U het geantwoord, o Jehovah my God.+ 16  Want ek het gesê: “Anders sal hulle bly wees oor my;+Wanneer my voet wankel,+ sal hulle hulle beslis baie groot hou teen my.”+ 17  Want ek het op die punt gestaan om mank te word,+En my pyn was voortdurend voor my.+ 18  Want ek het my eie oortreding bekend gemaak;+Ek het my begin kwel oor my sonde.+ 19  En my vyande wat lewe, het magtig geword,+En dié wat my sonder rede haat, het talryk geword.+ 20  En hulle het my kwaad vir goed vergeld;+Hulle het my bly teëstaan omdat ek die goeie nastreef.+ 21  Moet my nie verlaat nie, o Jehovah.O my God, moenie ver van my af bly nie.+ 22  Snel my tog te hulp,+O Jehovah, my redding.+

Voetnote