Psalm 39:1-13

Vir die musiekleier van Jeduʹtun.+ ’n Melodie van Dawid. 39  Ek het gesê: “Ek sal my weë bewaak+Om nie met my tong te sondig nie.+Ek sal ’n muilband omsit as ’n wag vir my mond+Solank daar ’n goddelose voor my is.”+   Ek het stom geword in stilte;+Ek het stilgebly oor wat goed is,+En die pyn waarin ek verkeer, is verban.   My hart het warm geword in my binneste;+Gedurende my gesug het die vuur bly brand.Ek het met my tong gespreek:   “Maak aan my, o Jehovah, my einde bekend,+En die maat van my dae—wat dit is,+Sodat ek kan weet hoe verganklik ek is.+   Kyk! U het my dae maar min gemaak;+En my lewensduur is soos niks voor u.+Waarlik, elke mens, al staan hy ook vas, is net ’n asemstoot.+ Sela.   Waarlik, as ’n skadubeeld wandel die mens rond.+Waarlik, tevergeefs is hulle onstuimig.+’n Mens hoop dinge op en weet nie wie dit sal insamel nie.+   En nou, waarop het ek gehoop, o Jehovah?My verwagting is op u gerig.+   Verlos my van al my oortredings.+Moet my nie ’n smaad van die verstandelose maak nie.+   Ek het stom gebly;+ ek kon my mond nie oopmaak nie,+Want u het opgetree.+ 10  Neem u plaag van my af weg.+Weens die vyandigheid van u hand het ek aan my einde gekom.+ 11  Deur teregwysings teen oortreding het u die mens bestraf,+En u verteer sy begeerlike dinge net soos ’n mot+ dit doen.Waarlik, elke mens is ’n asemstoot.+ Sela. 12  Hoor tog my gebed, o Jehovah,En luister tog na my hulpgeroep.+Moenie stilbly by my trane nie.+Want ek is net ’n inwonende vreemdeling by u,+’n Bywoner soos al my voorvaders.+ 13  Wend u blik van my af, sodat ek vrolik kan word+Voordat ek heengaan en nie meer daar is nie.”+

Voetnote