Psalm 4:1-8

Vir die musiekleier, op snaarinstrumente.+ ’n Melodie van Dawid. 4  Antwoord my wanneer ek roep, o my regverdige God.+In die benoudheid moet u vir my groot ruimte maak.Betoon guns aan my+ en verhoor my gebed.   O mensekinders, hoe lank moet my heerlikheid+ ’n voorwerp van belediging wees,Terwyl julle voortdurend leë dinge liefhet,Terwyl julle voortdurend ’n leuen soek? Sela.   Weet dan dat Jehovah beslis die een wat teenoor hom lojaal is,+ sal onderskei;Jehovah sal hoor wanneer ek hom aanroep.+   WEES ontsteld, maar moenie sondig nie.+Sê wat julle te sê het in julle hart, op julle bed,+ en bly stil. Sela.   Offer die offerandes van regverdigheid,+En vertrou op Jehovah.+   Daar is baie wat sê: “Wie sal ons die goeie laat sien?”Verhef die lig van u aangesig oor ons,+ o Jehovah.   U sal beslis blydskap in my hart gee,+Groter as in die tyd toe hulle graan en hulle nuwe wyn oorvloedig was.+   In vrede sal ek gaan lê en ook slaap,+Want u alleen, o Jehovah, laat my in veiligheid woon.+

Voetnote