Psalm 40:1-17

Vir die musiekleier. Van Dawid, ’n melodie. 40  Ek het vurig gehoop op Jehovah,+En daarom het hy sy oor tot my geneig en my hulpgeroep gehoor.+   Hy het my ook uit ’n bruisende kuil opgetrek,+Uit die modder van die afsaksel.+Toe het hy my voete op ’n groot rots gestel;+Hy het my voetstappe stewig gevestig.+   Verder het hy ’n nuwe lied in my mond gelê,’n Loflied aan ons God.+Baie sal dit sien en sal vrees,+En hulle sal op Jehovah vertrou.+   Gelukkig is die man wat Jehovah sy vertroue gemaak het+En wat nie sy aangesig na uitdagende mense gekeer het nie,Of na dié wat in leuens verval nie.+   Baie dinge het u gedoen,+O Jehovah my God, ja, u wonderlike werke en u gedagtes teenoor ons;+Niemand kan met u vergelyk word nie.+Sou ek geneig wees om dit te verkondig en daaroor te praat,Het dit te talryk geword om te vertel.+   In offerande en offergawe het u geen behae geskep nie;+Hierdie ore van my het u geopen.+Brandoffer en sondoffer het u nie gevra nie.+   Met die oog daarop het ek gesê: “Kyk, ek het gekom,+In die boekrol staan daar van my geskrywe.+   Ek het daarin behae geskep, o my God, om u wil te doen,+En u wet is in my ingewande.+   Ek het die goeie nuus van regverdigheid in die groot gemeente verkondig.+Kyk! My lippe bedwing ek nie.+O Jehovah, u weet dit goed.+ 10  U regverdigheid het ek nie in my hart bedek nie.+U getrouheid en u redding het ek bekend gemaak.+Ek het nie u liefderyke goedhartigheid en u waaragtigheid verberg in die groot gemeente nie.”+ 11  U, o Jehovah, moet u ontferming nie van my weerhou nie.+Laat u liefderyke goedhartigheid en u waaragtigheid my voortdurend bewaar.+ 12  Want rampspoede het my omring totdat hulle nie meer getel kon word nie.+Meer van my oortredings het my ingehaal as wat ek kon sien;+Hulle het talryker geword as die hare van my kop,+En my hart het my verlaat.+ 13  Laat dit u behaag, o Jehovah, om my te verlos.+O Jehovah, snel my tog te hulp.+ 14  Laat dié wat my siel soek om dit weg te vee,+Saam beskaamd staan en verleë wees.+Laat dié wat in my rampspoed behae skep, agteruitwyk en verneder word.+ 15  Laat dié wat vir my sê: “Ha! Ha!”+As gevolg van hulle skaamte in verbasing staar.+ 16  Laat almal wat u soek,+Hulle in u verheug en verbly.+Laat dié wat redding deur u liefhet,+Voortdurend sê: “Mag Jehovah groot gemaak word.”+ 17  Maar ek is geteisterd en arm.+Jehovah neem my in aanmerking.+U is my hulp en die Een wat aan my ontkoming verskaf.+O my God, moenie te laat wees nie.+

Voetnote